Local sportSport

‘n Potjie gholf Innibos stel nooit teleur

Dit was omtrent 'n gerek en gestrek voor die afslaan van die jaarlikse Pam Golding Innibos-gholfdag wat Vrydag op Mbombela Gholfklub gehou is.

Altesaam 187 spelers het dou voor dag die feesterrein vir ‘n potjie gholf verruil.

Vanjaar was die sesde keer wat die gholfdag aangebied is.

Petrus Tlabakwe en Nick van den Heever.

Dawie Greef en Bruce Nieuwenhuys het die dag met 49 punte gewen. André van der Walt en spanmaat, Muritz Dewing was tweede met 47 punte, net een hou voor die speler in die derde plek, Andrea Botes.

Austin Mashego het op die Witstinkhout, die 13de gaatjie, die prys vir die naaste aan die pen gewen terwyl William Spencer op die 17de die Knobbly Fig sy bal die naaste aan die pennetjie geplaas het.

Mashego het met nog ‘n prys weggestap toe hy die bal die verste op die 18de gemoker het.

Louis Mndawe.

Die span van Ooba, Alexandra Schuleman, Hannetjie Buys, Sandra Oliver en Etrecia van Dyk het die prys vir die beste versiering van ‘n stalletjie ontvang.

“Dit was ‘n dag van pret en plesier. Ons wil graag al die betrokkenis vir hulle deelname bedank,” het die kantoorbestuurder van Pam Golding Nelspruit, Martie Ferreira gesê.

Die fondse wat op die dag ingesamel is, word aan minderbevoorregte leerders wat in die kunste wil studeer, geskenk.

Innibos se Meridian Karino Educational Trust maak voorsiening vir die projek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button