Local sportSport

Die Skim praat oor…

Is klubrugby besig om uit te sterf?

Daar heers groot ongelukkigheid by Nelspruit- en Witrivier Rugbyklub. Of so hoor die Skim.

Die Skim het in die vorige brokkie oor Nelspruit Rugbyklub se afrigter geskryf wat die pad aftog geblaas het. Piet van Tonder het die afgelope vyf wedstryde die leisels oorgeneem. Of die politiek uitgesorteer is, weet ek nie.

Die Skim het ook met ‘n speler van Witrivier gesels wat sê dat die afrigter se spankeuse nie noodwendig op die bywoning van oefeninge gegrond is nie, maar meer oor die tjommie-tjommieverhouding tussen ‘n speler en die afrigter.

Bywoningsgetalle word al hoe minder.

Die Skim het weer in die week gehoor dat nog een van die Laeveld se mees belowende atlete deur Menlopark opgeraap is. Of sy is ‘n sportbeurs aangebied.

Dit is tog te verstane.

‘n Hele paar van die Laeveld se o/13-atlete was gekies om Suid-Afrika in Botswana te gaan verteenwoordig. Die Skim het al keer op keer kennis geneem van Atletiek Mpumalanga wat min of selfs geen begroting het om atlete te stuur nie. Hoeveel berigte is daar al die afgelope ruk geskryf oor atlete wat vir nasionale of internasionale byeenkomste gekies word en dan borge soek?

Die Skim dink aan van ons skaakspelers wat na die Afrika-kampioenskappe en Jeugspele toe uitgenooi is. ‘n Fietsryer wat in die Paralimpiese span opgeneem is. ‘n Hokkiespeler van Rob Ferreira wat gekies is om internasionaal te gaan deelneem. Die lysie gaan aan.

Wie is verantwoordelik hiervoor? Die regering? Atletiek Mpumalanga? Die Skim sal definitief uitvind en terugvoer oor die saak gee.

Voor die Skim vergeet. Skole!

‘n Skool het onlangs vir een van die Skim se trawante gevra om ‘n sekere hokkiefoto nie te plaas nie want die leerder se hare is nie volgens sy skool se dragkode nie.

En? Die Skim plaas foto’s tot sy beskikking. Dit is heel eenvoudig. Sorg dat die atleet reg lyk voordat hy op die veld stap. Probleem uitgesorteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button