Local sportSport

Pumas sal veg tot bitter einde toe

Die iCollege se bielie van 'n haker, Frank Herne sal in die eindstryd van die SuperSport-uitdaagtoernooi teen die Tafel Lager Griekwas, wat Sondag op Bridgton Sportgronde in Oudtshoorn beslis word, in sy 100ste wedstryd opdraf.

Die beker sal ook vanjaar ‘n nuwe staanplek kry met die dat die verdedigende kampioene, die DHL Westelike Provinsie, deur die Toyota Vrystaat Cheetahs in die kwarteindstryd uitgeskakel is.

De-Jay Terblanche is terug in die begin 15-tal met Simon Westraadt wat na die plaasvervangersbank toe skuif. Devon Williams begin in die plek van Justin van Staden op heelagter. Dit is die enigste ander verandering wat die Pumasbreier, Brent Janse van Rensburg aan die span aan-gebring het.

Die Pumas het nog nie een wedstryd in die toernooi verloor nie en sal Sondag vir hulle tweede nasionale titel in drie seisoene mik.

In 2015 het die Pumas die Vodacombeker omhoog gehou nadat hulle WP op Nuweland getroef het.

Frank Herne speel in sy 100ste wedstryd vir die Pumas.

Hulle spog egter ook met twee eersteliga-kampioenskappe toe hulle dié kompetisie in 2009 en 2013 gewen het toe hulle onder meer met die SWD Arende en die Oostelike Provinsie klaargespeel het.

Afskop is om 14:30 en sal op SuperSport 1 uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button