Local sportSport

Nelspruit trap diep spore in Mbombela-Kringatletiek

'n Hele handvol Nellie-rekords (beste in die skool se geskiedenis) het in die stof gebyt, en NHS se sterre het weer die maksimum-totale op die ABSA-tabel, beproef.

Die jaarlikse atletiekbyeenkoms vir skole in die Mbombela-kring, het verlede Dinsdag vir groot opwinding gesorg.

Hierdie byeenkoms was die eerste tree vir atlete wat later die seisoen aan die SA-skolebyeenkoms (as lede van die Mpumalanga-span), asook die nasionale jeug- en juniorkampioenskappe, wil gaan deelneem.

 

Derhalwe is daar net drie ouderdomsgroepe vir hoërskool-atlete, nl. onder 15, 17 en 19. Dit beteken dat ‘n onder 14-atleet, onder 15 moet deelneem, en onder 16’s, saam met onder 17’s moet aantree.

ALSO READ:FOTO’S: NHS se matrikulante skitter

Rhodé Nel (m.17, al is sy vanjaar m.16) het ‘n 30-jaar oue huishoudelike rekord in die slag laat bly, toe sy die 200 m in ‘n uitstekende 25.56 sek. (835 ABSA-punte) genael het – en daarmee het sy C. Smith se 1989-tyd van 26.2 sek., uit die rekordboeke verwyder.

 

Lowveld High se SA-atleet, Nolwazi Mashaba, het met twee skitterende vertonings gewys dat sy gewis ook vanjaar, medalje-materiaal by die komende SA’s is.

ALSO READ:Menlo too strong for NHS, Penryn excel

Sy het in verspring (5,72 m) en driesprong (12,20 m) onteenseglik gewys dat sy groot planne vir die latere byeenkomste het.

Die gasheer het nog talle ander rekords laat spat, waaronder:

– Berna Kok (m.15): Sy moes aan die 3 000 m vir m.17 deelneem, maar haar wentyd van 11:20.72 verbeter Angelique Nel se rekord vir m.15 (was 11:22.20)
– Ashley Erasmus (m.14): Verbeter Christine Kruger se rekord vir gewigstoot m.15, van 12,56m na 13,82m (1 054 punte).
– Andreas van Heerden (s.19): Eerste Nellie wat aan die 5000m deelneem. Sy tyd van 16:45.35 is dan die nuwe rekord vir dié afstand.
– Jaytee Boers se pragtige wentyd van 1:58.91 in die 800m (s.19) sal sekerlik nog lank onthou word.

FOTOS:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bridget Mpande

Bridget Mpande is the editor assistant for Mpumalanga News and Lowvelder Express. She joined Lowveld Media in 2014 and covers several beats in the newsroom. She is a mentor and believes there is no community newspaper without the community.
Back to top button