Sport
Helpende Hand weer op ’n rol vir liefdadigheid
Die doel van die dag was om fondse in te samel vir die organisasie se verskeie projekte wat daarop gemik is om armoede te help verlig.
Solidariteit Helpende Hand se rolbalpretdag was Saterdag, 1 Augustus weer ’n reusesukses, met 28 spanne wat by die Nelspruit Rolbalklub deelgeneem het.
Verskeie plaaslike besighede en Laevelders het hul ondersteuning vir die organisasie in prettige uitrustings gewys.
Terwyl die grootmense mekaar op die rolbalbaan gepak het, is die jongspan deur Zippy die nar en kolwyntjieversierings vermaak.
Na afloop van die dag het ’n veiling en prysuitdeling gevolg.
Lede van Solidariteit Helpende Hand het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor elke speler en besigheid wat gehelp het om die dag moontlik te maak.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
