Local sportSport

Jongelinge maak naam in Potch

Hoërskool Rob Ferreira se atlete het skoonskip gemaak by die Kenneth Mcarthur Stadion in Potchefstroom, tydens Atletiek Suid-Afrika se se interprovinsiale kampioenskappe. 

Kenneth Mathebula het ‘n bronsmedalje in die 100 m vir seuns o/15 verower, terwyl Lowazi Mogodiri ‘n derde plek in die 200 m vir o/15 ingepalm het.

Die winderige toestande was nie ideaal vir verspring nie, waar Lowazi moes tevrede wees met ‘n vierde plek.

Spanmaat Junior Mondlane het die tweede plek op die podium in verspring ingeneem.

Dié 15-jarige het verder ‘n silwermedalje in die 100 m-hekkies verower. Junior is die nuwe Suid-Afrikaanse driesprongkampioen met ‘n afstand van 13,25 m.

“Ons is baie trots op hierdie atlete en al die puik vertonings van 2018. Ons sien baie uit na 2019 se seisoen en glo dit gaan nog ‘n grote vir Robbies se atletiek wees,” het die sportorganiseerder van Rob, Stefan van der Merwe gesê.

Laerskool Nelspruit se Ashley Erasmus wat volgende jaar haar hoërskoolloopbaan by NHS begin, se wenafstande in diskus en gewigstoot het haar onder die top-50-prestasies van die dag geplaas.

Hoewel dit nie Ashley se persoonlike beste afstande is nie, was dit steeds genoeg om twee goue medaljes in te palm.

Ashley Erasmus.

Die 13-jarige se afstand van 43,90 m in diskus en 13,68 m in gewigstoot was ook byeenkomsrekords.

Uitslae
Laerskool Nelspruit 
• Ashley Erasmus – diskus, eerste – 43,90 m; gewigstoot 13,68 m

Hoërskool Nelspruit
• Shana Scott – gewigstoot, negende – 11,01 m; hammergooi, 10de – 28,47 m
• Nicole Viljoen – 90 m-hekkies, 10de; 300 m-hekkies, vyfde – 47,90 sek
• Lothando Mabuza – 800 m, vyfde – 2:04,41

Uplands
• Delauise Alberts – 1 500 m, vyfde – 5:00,20

Hoërskool Rob Ferreira
• Connor Barnes – spiesgooi, 12de – 46,36 m
• Kenneth Mathebula – 100 m, derde – 11,09 sek
• Lowazi Mogodiri – 200 m, tweede – 22,24 sek
• Junior Mondlane – 100 m-hekkies, tweede – 13,17; verspring, tweede – 6,42 m; driesprong, eerste – 13,25.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button