Jong skut mik vir glorie
Die prysskietseisoen staan einde se kant toe met die Mpumalanga-finaal wat vandag by Hoërskool Bergvlam begin.

Die Laeveld Streeksfinale het verlede week by Hoërskool Rob Ferreira plaasgevind. “Ons het een skut om dop te hou, Franzel Theron in gr. 9. Sy was die afgelope naweek die algehele wenner van die kompetisie. Sy het ‘n eerste plek behaal, met puntetellings beter as van die senior skuts. Beslis ‘n dogter om dop te hou,” sê afrigter Somari Basson.
Span-uitslae
Sportergewere o/21
• Rob Ferreira – 1 924 (wen)
• Bergvlam – 1 884
Sportergewere o/16
• Rob – 1 939 (wen)
• Bergvlam – 1 857
Sportergewere o/14
• Rob – 1 727 (wen)
Veergewere o/14
• Bergvlam – 1 306
Individuele uitslae
O/21-sporter
• Saxon Marzetti – eerste
• Tristan Schoeman – vierde
• Abré van Wyk – vyfde
• Mari-Loïs Nel – sewende
• Laurie Theron – negende
O/16-sporter
• Franzel Theron – eerste
• Stephan Holtzhausen – derde
• Carmen Sales – vierde
• Leigh Douglas – vyfde
• Derryck Devenish – negende
O/14-sporter
• Danny Deysel – eerste
• Casper Odendaal – tweede
• Ruben Joltzhausen – derde
• Chizelle Benson – vierde
• Henk Roux – sewende.
Die volgende skuts van Hoërskool Bergvlam is na die finale proewe uitgenooi
• Vere o/14 – Stephanie van der Merwe, Sebastiaan Thorpe
• Vere o/16 – Angela Nkosi
• Vere o/21 – Shoana charles
• Sporter o/21 – Linda Roets, Timothy Smeda, Jonathan Kleynhans, Fifi Galane
• Sporter o/16 – Dieter Nieuwenhuis, Leone Pretorius, Franco Schutte, Zane Weideman
• Sporter o/14 – Monique da Costa, Dylen Diedericks
• Pistole o/19 – Neo Masebelanga, Tshepang Raditsele
• Pistole o/14 – Keke Makubela.
