Groot stryd wag op rugbymanne
Die Beeld-trofee vir hoërskole staan einde se kant toe en vyf Laeveld-spanne gaan in die halfeindstryde meeding.

Die Rhinos draf Saterdag om 11:00 teen die Rooi Bulle van Monument uit.
Die baba-Rhinos speel óók teen die Rooies om 10:00 op eersgenoemde se tuisveld.
Hoërskool Nelspruit het verlede jaar in die halfeindstryd teen die verdedigende kampioene, Dr. EG Jansen verloor.
Kemptonpark en Waterkloof het in die ander wedstryd gespeel.
Die leerders van Lowveld High hou styf duimvas vir die o/15’s wat die eerste span in die skool se geskiedenis is om so ver in die toernooi te vorder.
“Die manne weet wat van hulle verwag word en die bal is nou in hulle hande om hul alles te gee.
“Ons oefen sedert 16 Julie vir die toernooi en ons doelwit is om tot die einde toe te speel,” het die afrigter van die Lowveld High se o/15’s, Ronald Msimango gesê.
Dié span speel ook Saterdag om 10:00 op hul tuisgrond teen Alberton High (die Blues) van Johannesburg.
Die Blues het in 2010 die gesogte trofee gelig en sal ‘n punt daarvan maak om dit weer na vier jaar te kan doen.
Queens High van Johannesburg toer na die Laeveld om teen Bergvlam se o/14’s en o/16’s te speel.
Watch a video of the boys here: https://www.youtube.com/watch?v=o4Hjc_pt7Bw
Vlammies is deel van die mediumskole en dié spanne is ook die eerstes wat so ver in die toernooi gevorder het.
Die o/14’s se wedstryd skop om 09:00 af en die o/16’s speel 10:10. Laevelder het in die week met die kaptein van NHS, Oscar Schuld, die o/15-kaptein van Lowveld High, Junior Dlamini en die onderkaptein van Bergvlam se o/16’s, Thriston Louw gesels.
Die Beeld-trofee het eers as die Administrateursbeker en later as die AG Robertson-beker bekendgestaan. Die eerste wedstryd is in 1922 gespeel en Pretoria Boys High is as wenners aangewys.
