Eerste krieketspan klop HTS Witbank
Nelspruit Hoërskool se eerste krieketspan het Saterdag amok gemaak en met 171 lopies teen HTS Witbank gewen.

NHS het die loot gewen en 367 lopies in 50 beurte gemoker. Die beste kolwers was Dean van der Merwe (67), Inus Prinsloo (66), Schalk Sutherland (51) en Bernard Vorster (50).
HTS Witbank was in die 42ste beurt uitgeboul vir net 196 lopies. WF Slabbert het 3 paaltjies vir 21 lopies in 8.1 beurte geneem en Stephen Kriel 3 paaltjies vir 40 lopies in 7 beurte.
Ander uitslae:
NHS 3de vs Bergvlam 2de
NHS wen met 43 lopies.
0/15A vs HTS Witbank
NHS wen met 8 paaltjies. André Vosloo neem 5 paaltjies vir 24 lopies in 8 beurte.
0/14A vs Barberton 0/15A
NHS wen met 8 paaltjies.
0/14B vs Curro 0/14A
NHS verloor met 3 lopies.
Bepalings vir die week:
27 Aug: 0/15B vs Rob Ferreira tuis
0/15C vs Sybrandt van Niekerk weg
28 Aug: NHS 3de vs Rob Ferreira weg
NHS 4de vs Lowveld weg
29 Aug: NHS 2de vs Bergvlam tuis
