NHS krieketspanne wen weer
Nelspruit Hoërskool se derde krieketspan het verlede Donderdag vir Hoërskool Rob Ferreira, op hul tuisveld, met 101 lopies geklop.

André du Plessis is met sy 97 lopies van 57 balle as die beste kolwer aangewys, terwyl Carel Burger 86 lopies van 60 balle aangeteken het.
Diaan van Heerden het in sy drie boulbeurte 20 lopies afgestaan en drie paaltjies geneem. Die Nellies se segetog is voortgesit nadat die vierdespan ‘n oorwinning van 18 lopies oor Lowveld High behaal het en die 0/15 B en 0/15 C’s onderskeidelik teen Rob Ferreira en Sybrand van Niekerk gewen het.
Wedstrydbepalings vir die week
• 3 September – NHS 15 B vs Penryn (tuis)
NHS 15 C vs Uplands 14 B (tuis)
• 4 September – NHS 3 vs Curro (tuis)
NHS vs Valencia (tuis)
• 6 September – NHS 1 vs Uplands (weg)
NHS 15A vs Uplands (tuis)
NHS 2 vs Rob Ferreira (weg)
NHS 14A vs Lowveld 15A (weg)
NHS 14B vs Lydenburg 14A (tuis).
