School sportSport

Penryn wen weer die Spur MTB-skolereeks

Dit is die tweede jaar in 'n ry dat Penryn Prep se bergfietsryers die Spur MTB-skolereeksreeks wen.

Penryn Prep se bergfietsryers is dié vinnigste – hulle is die afgelope naweek as die algehele wenners van die Spur MTB-skolereeks aangewys. Dit is die tweede jaar in ‘n ry dat hulle hierdie reeks wen.

Hulle het ook met die vorige drie skofte, wat onderskeidelik by Uplands, Curro en Mankele aangebied is, die meeste punte verwerf.
Saterdag by Penryn was geen uitsondering nie en ten spyte van die grou, nat weer het die fietsryers moedig hul rondes om die baan trotseer. Hulle het by steil hellings op- en afgejaag, oor brûe gery, soms geval en soms gestap.

Op die gashere se hakke het Laerskool Bergland algeheel tweede in die reeks geëindig. Hulle is gevolg deur Curro, Ermelo, Lydenburg, Uplands, Nelspruit, Summerhill en Laeveld.

Onder die hoërskole was Lydenburg te vinnig vir hul teenstanders. Hulle het ook met elke been die meeste punte verwerf. Algeheel was Uplands tweede, Nelspruit derde, Penryn vierde en Rob Ferreira vyfde.

Individuele wenners op Saterdag:
• Junior dogters: Mandie Swart
• Junior seuns: Martin Oosthuizen
• Nipper-dogters: Megan Wiehman
• Nipper-seuns: Jooste Coetzee
• Sprog-dogters: Ainsli de Beer
• Sprog-seuns: Reinhardt Viljoen
• Sub Nipper-dogters: Megan Botha
• Sub Nipper-seuns: Gabriel Burns
• Sub junior dogters: Monique Swart
• Sub junior seuns: Ryan Terry
• Youth-dogters: Sarah McQueen
• Youth-seuns: Liam de Klerk.

Sien nog foto’s hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button