BHS tweede span onoorwonne na MP semi-finaal teen Lowveld High
BHS het baie dankie gesê aan al die spelers en afrigters vir die baie ure se opwinding en bygevoeg dat hulle steeds trots is op die prestasies.
Tydens die semi-finaal van die Mpumalanga Rugby-uitspeelwedstryde het Barberton Hoërskool se spanne hulself goed laat geld, maar hulle moes ongelukkig die knie buig teen Bergvlam. Die o14-span het met 19-36 verloor en die o/15’s met 13-14.
Vir beide hierdie BHS spanne was dit die eerste verloor van die seisoen.
Die Total Signs Barbarians eerste span het ook teen Hoërskool Oosterland van Secunda verloor. Die telling was 15-24. BHS het baie dankie gesê aan al die spelers en afrigters vir die baie ure se opwinding en bygevoeg dat hulle steeds trots is op die prestasies.
Goeie nuus is dat die ligawenners, BHS se tweede rugbyspan, steeds onoorwonne is na die Mpumalanga semi-finaal teen Lowveld High. Hulle het met 26-5 gewen.
Volgende kwartaal sal hierdie span in die Mpumalanga-finaal teen die wenner van Penryn College of Hoërskool Bergvlam te staan kom. BHS het geluk gesê aan die span en hul afrigters, Juan Pieterse en Riaan Moolman.

