Local sportSchool sportSport

Jong skaakspelers dreun mekaar op in toernooi by Laerskool Witrivier

Ehlanzeni se skaakspelers het verlede Saterdag by Laerskool Witrivier bymekaargekom om mekaar te probeer uitoorlê.

Die skool se toernooi vorm deel van die distrik se liga en het spelers van regoor die Laeveld gelok. Dit was omtrent oorlog op die wit-en-swartborde soos die 115 spelers mekaar uitgedaag het.

Die A-kategorie bestaan uit o/16-spelers wat al aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het, sowel as o/18’s en senior spelers.

Die beste dogterspeler in die afdeling was Julia Visser van Hoërskool Rob Ferreira.

Die topspelers van die dag was seniors Cornelius Madonsela, Marco Craig en Dumisa Nkosi. Deckan Nkosi van Msogwaba, wat maar slegs nege jaar oud is, is as die beste junior speler in dieselfde kategorie aangewys.

In die B-kategorie, wat uit o/12-, o/14- en o/16-spelers bestaan, is Joshua van Heerden (8) aan die einde van die dag as die topspeler aangewys. Barend Andeon Pringle (10) en Sakhile Letswele (12) het onderskeidelik tweede en derde geëindig. Liam James Pringle (7) was die beste junior seun en Charné Rossouw (13) die beste dogterspeler.

Die C-kategorie bestaan uit o/8-, o/10- en o/12-spelers. Gift Onwusaka (10), Rossouw Janson (9) en Struan Hine (10) was die beste spelers van dié dag. Prabha Sopanam (6) was die beste o/8-seun en Dante van Heerden (8) die beste dogter.

Die gasheerskool, Laerskool Witrivier se topspelers was Martiens le Roux (15de in die A-katergorie), Marleen Bezuidenhout (18de in die B-kategorie) en Ruben Le Roux (negende in die C-kategorie).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button