School sportSport

Robbies se sewes wen die plaat twee keer

Die sewesrugbyspelers van Hoërskool Rob Ferreira is twee maal kort na mekaar as plaatfinaalwenners van 'n toernooi gekroon.

Die o17-sewesspan het die eerste keer die plaat gewen by die Mpumalanga Seweskampioenskappe by Lowveld High op 5 September.

Die o/17-span het hul eerste wedstryd teen Steelcrest High School met 31-0 gewen, en die tweede teen Hoërskool Middelburg met 7-14 verloor, maar in die plaat-halfeindstryd met 33-0 teen Hoërskool Sybrandt van Niekerk geseëvier. In die eindstryd het hulle Hoërskool Lydenburg met 5-0 geklop en die plaat verower.

Die Robbies het tydens die toernooi algeheel vyfde in die provinsie geëindig.

Verlede naweek kon hul die tweede plaat by ‘n sewestoernooi by Hoërskool Kanonkop, Middelburg, lig.

Hulle het twee taai wedstyde teen die gashere sowel as HTS Middelburg verloor, maar Steelcrest High School in die plaat-halfeindstryd met 49-0 geklop en Hoërskool Oosterland met 17-0 in die eindstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button