Vlammies kook met die kolf
Hoërskool Bergvlam se eerste krieketspan het verlede naweek die pad na Hoërskool Lydenburg aangedurf.

Die besoekers het die ligawedstryd met 134 lopies gewen.
Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Dit het na die regte besluit gelyk nadat Bergvlam se telling op 30/4 gestaan het. Jeann Steyn (45) en die kaptein Ainden Soine (23) het egter vasgeskop en ‘n venootskap van 60 aangeteken om Lydenburg se kolfbeurt weer aan die gang te kry.
Jeandre Wessels (20) het egter meeste van die skade gedoen en die telling tot 197 lopies opgestoot.
Bergvlam se boulaanval wat al heeljaar aan die brand is, het nie teleurgestel nie en Lydenburg is vir 61 lopies binne net 23 beurte uitgemoker.
Aiden Soine het drie paaltjies in net 10 balle gevat. Sy medeboulers, Henri Nel en Deon Olivier het elk twee paaltjies ingeoes. Vlammies is steeds onoorwonne met drie ligawedstryde oor.
