School sportSport
Nellies se spanne maak skoonskip
Hoërskool Nelspruit (NHS) se krieketspanne het die afgelope naweek goeie vertonings gelewer en ses uit die sewe wedstryde gewen.

Die eerste span het teen Hoërskool Hoogenhout te staan gekom en met agt paaltjies geseëvier, terwyl die o/15A’s met sewe paaltjies met die span van Hoogenhout afgereken het.
Die o/15B’s het ‘n oortuigende wen van 182 lopies oor Lowveld High behaal, waartydens Stefan Smit vyf paaltjies vir 13 lopies geneem het.
Rob Ferreira is ook met 86 lopies deur NHS se o/15C-span getroef.
Beide die o/14A’s en o/14B’s het hulle wedstryde met onderskeidelik agt paaltjies teen Lowveld High o/15A en 16 lopies teen Penryn o/14B gewen.
Die vierde span het ‘n oorwinning van agt paaltjies oor Sybrand van Niekerk se eerstes behaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
