School sportSport

Laeveld swaai die septer in krieketliga

Die o/11-krieketspan van Laerskool Laeveld is die afgelope naweek as ligawenners aangewys.

Dit nadat hulle die manne van Nelspruit Primary met twee paaltjies geklop het. Primary het die seisoen al 11 hul wedstryde gewen en Laeveld het ‘n wendroogte van 12 jaar gebreek. Nelspruit Primary het besluit om eerste te kolf en Laeveld het hulle vir 57 uitgeboul. Daarna kolf die blouspan en na net een boulbeurt was Laeveld nul vir drie.

Winand Cronje en Zander Barnard het die kastaiings uit die vuur met hulle goeie kolfwerk gekrap. Laeveld het vasgebyt om die wedstryd met twee paaltjies te wen om sodoende die liga vir die eerste keer sedert 2003 te wen.

Kampioene! Op doe foto: (voor) Roejarco Coertze, Nicolaas van Niekerk (kaptein), Luan Steyn (o/k), Christopher Sjöblom, (middel) Zanke Moller, Reuben O’Connel, Juvan Ferreira, Marco Kappazorio, (agter) Zander Barnard, Zeelon Corler, Winand Cronje, Waldo Steynvaart en Nicol Kriel (afrigter).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button