Verskeie sport-sterre by NHS
Carlu Meyer, wat beskik om eendag Pietie Coetzee se skoene by die Proteas-hokkiespan vol te staan, is as Hoërskool Nelspruit (NHS) se sportvrou van die jaar aangewys.

Sy het dié trofee vir haar insluiting in die Suid-Afrikaanse skole se o/18B-span en haar deelname in Mpumalanga se o/18A-span verower. NHS het verlede week tydens ‘n spoggeleentheid hul sportprysuitdeling gehad waar die atlete wat vanjaar hand opgesteek het, erkenning gekry het.

Die sportman van die jaar is deur Dewald Maritz en Stefan Smit gedeel. Dewald het sy provinsie tydens die o/18 Cravenweek in Kaapstad verteenwoordig en daarna is hy vir die SA skolespan gekies. Die 15-jarige Stefan het by die Atletiek Suid-Afrika Junior Atletiekkampioenskappe vir spiesgooiseuns o/15 ‘n eerste plek verower.

Anja Cronje is vanjaar se buiteskoolse sportvrou van die jaar vir haar deelname aan die nasionale goudpankampioenskappe in Pelgrimsrus. Hier het sy ‘n eerste plek in die junior afdeling verower. Sy is daarna vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat in Augustus aan die wêreldkampioenskappe by Navelgas in Spanje deelgeneem het. Na afloop van die toernooi is sy as wêreldkampioen gekroon.

Ons eie Suid-Afrikaanse binnenshuise krieketkaptein, Ruben de Lange het die trofee vir buiteskoolse sportman van die jaar ontvang. Hy het sy Mpumalanga-kleure verwerf en is by die nasionale week vir die SA o/18’s gekies. Hy is tans saam met die span in Australië waar hulle aan die Binnenshuisekrieket Wêreldbeker deelneem.
Lees ook:
• Nellie se natuurlike talent werp vrugte af
Uitslae
ABSA ATLEET VAN DIE JAAR
Dogter: Nicola Cronje
• 800m D14 Tyd: 2:17:13 Punt: 1034
Seun: Stefan Smit
• Skyfwerp S15 Afstand: 59,51m Punt: 1200
JUNIOR ATLEET VAN DIE JAAR
Dogter: Nerina Visser
• 400mH D16 SA-skole: 8ste Mpu kampioenskappe: 1ste Super IH: 2de
Seun: Stefan Smit
• Spiesgooi S15 ASA-junior kampioenskappe: 1ste
SENIOR ATLEET VAN DIE JAAR
Dogter: Carmen Cronje
• 100mH D17 Super IH 3de, Mpumalangakampioenskappe 3de
Seun: Hannes Aucamp
• 110mH S19 SA-skole 3de
GHOLFSPELER
• Brandon Geere
• Mpumalanga kleure, no 2 in die provinsie
JUNIOR HOKKIESPEELSTER
• Jessica Berry
• Mpumalanga 0/14A en kaptein
SENIOR HOKKIESPEELSTER
• Carlu Meyer
• SA 0/18B span
JUNIOR HOKKIESPELER
• Duvan van Duyker
• Mpumalanga 0/16A en kaptein
SENIOR HOKKIESPELER
• Andrew Dunn
• Mpumalanga 0/18A, onder-kaptein van die skool
JUNIOR KRIEKETSPELER
• Andre Vosloo
• Mpumalanga 0/15A, Aangewys as 3de beste kolwer op lopies by Nasionale week
SENIOR KRIEKETSPELER
• Schalk Sutherland
• Mpumalanga 0/17, kaptein van T20 skoolspan
JUNIOR LANDLOPER VAN DIE JAAR
Dogter
• Lizaan de Blanche
• Mpumalanga kleure, hoogste posisie gehardloop op SA’s
Seun
• Tertius Mentz
• Mpumalanga kleure, hoogste posisie gehardloop op SA’s
SENIOR LANDLOPER VAN DIE JAAR
Dogter
• Carlu Meyer
• Mpumalanga kleure, hoogste posisie gehardloop op SA’s
Seun
• LeRoux Groenewald
• Mpumalanga kleure, hoogste posisie gehardloop op SA’s
MUURBALSPEELSTER
• Bonita du Plessis
• SA Country Schools team (nommer vier in A-span)
MUURBALSPELER
• Neil Henning
• SA Country Schools (No 1 in A-span), Gelys as no 3 in SA
JUNIOR NETBALSPEELSTER
• Nicola Cronje
• Mpumalanga 0/14A1 en kaptein
SENIOR NETBALSPEELSTER
• Carmen Cronje
• Mpumalanga 0/17A1
• Ingesluit in die SA Top 35 oefengroep
JUNIOR RUGBYSPELER
• Stephan van der Bank
• Grant Khomo span, het tydens die nasionale toernooi gespeel.
SENIOR RUGBYSPELER
• Dewald Maritz
• SA skole span
SEWES RUGBYSPELER
• Jaco Joubert
• Mpumalanga kleure
JUNIOR SKAAKSPELER
• Johan Visser
• Provinsiale kleure. Beste speller in skoolspan tydens die TUKS reeks.
SENIOR SKAAKSPELER
• Rickus Henning
• Provinsiale kleure. Kaptein van die skoolspan
JUNIOR TENNISSPELER
Dogter
• Marne van Aarde
• Mpumalanga 0/15, hoogste posisie in skoolspan
Seun
• Japie Lubbe
• Mpumalanga 0/15
SENIOR TENNISSPELER
Dogter
• Lome Smit
• Mpumalanga 0/19
Seun
• Jacques Fourie
• Mpumalanga 0/19
