Laeveldskole van die bestes in MTB-reeks
Plaaslike jong fietsryers het die naweek tydens die Spur Skole MTB se nasionale reeks by Hoërskool Bekker in Magaliesberg uitgeblink.

Leerlinge van verskeie skole soos Hoërskool Menlopark is met ‘n totaal van 124 punte as algehele wenners gekroon, met NHS in die sewende plek (74) en Lydenburg elfde (66).
Leerlinge van Hoërskole Bergvlam, Rob Ferreira, Uplands College en Curro Nelspruit het ook vir ‘n vale getrap om met van die land se topsportskole soos Paul Roos, Helpmekaar en Melopark mee te ding.
Mandie Swart van Nelspruit het op die eerste en tweede dag ‘n sesde plek met ‘n tyd van 46:54 en 33:30 behaal. Haar sussie, Monique wat in die jeug o/15-kategorie deelgeneem het, het in die negende plek geëindig in 38:27 en ‘n tiende plek op dag twee in 37:05.
In die seunskategorie het die fietsryers van Mopani Apteek, Franco Pelser en Martin Oosthuizen die Laeveld se naam hoog gehou. Hoërskool Rob Ferreira se Franco het op dag een ‘n vyfde plek behaal en op die tweede dag met ‘n tyd van 40:05 ‘n tweede plek behaal. Herbert Peter van St George was met net 0,4 sekondes in die eerste plek.
Martin van Hoërskool Bergvlam was sewende in 56:28 en op die laaste dag het hy in die elfde posisie met 42:10 vier plekke opgeskuif. Uplands se Ryan Terry, wat vir die jeug o/15’s in aksie was, het die Saterdag ‘n vyfde plek verower en het die Sondag ‘n plek op die podium net-net misgeloop met ‘n tyd van 43:03, wat hom ‘n vierde plek beskoor het.
Dag 1
Juniors
Seuns
• Vyfde – Franco Pelser, Rob Ferreira – 54:45
• Sewende – Martin Oosthuizen, Bergvlam – 56:28
Jeug o/16
Dogters
• Negende – Kirsty Shuttleworth, Uplands – 38:54
• 12de – Tamryn Hawley, Uplands – 42:30
Jeug o/15
Dogters
• Negende – Monique Swart, NHS – 38:27
• 10de – Kyla Hammer, Uplands – 39:29
Seuns
• Vyfde – Ryan Terry, Uplands – 43:10
• 15de – Ruben Helberg, NHS – 46:53
Sub-juniors
Dogters
• Sewende – Abigail Alexander, Uplands – 46:10
Seuns
• 10de – Mike Odendaal, NHS – 46:58
• 23ste – Reynhard van der Berg, Curro – 49:16
Dag 2
Juniors
Dogters
• Sesde – Mandie Swart – 33:30
• 10de – Mignon Black – 37:35
• 21ste – Suné Booyse – 43:34
Seuns
• Tweede – Franco Pelser – 40:05
• 11de – Martin Oosthuizen – 42:10
• 34ste – Heyno Kruger – 45:56
Jeug o/16
Dogters
• Sewende – Kirst Shuttleworth – 37:25
• 10de – Tamryn Hawley – 38:16
Seuns
• Tweede – Armand Lombard – 41:11
• Agtste – Keegan Clarke – 41:-1
• 14de – Constant Furstenburg – 44:48
• 20ste – Bongani Ngwana – 46:03
• 53ste – Donald Hlase – 01:09:11
Jeug o/15
Dogters
• 10de – Monique Swart – 37:05
• 12de – Kayle Hammer – 38:32
Seuns
• Vierde – Ryan Terry – 43:03
• 26ste – Ruben Helberg – 47:15
Sub-juniors
Dogters
• 17de – Kaylee Lindeque – 50:18
Seuns
• Agtste – Mike Odendaal, 30:52
• 12de – Joshua Shulz – 31:38
• 16de – Reynard van der Berg – 31:54
• 23ste – Nathan Kurensky – 32:39
• 40ste – Rikus Booysen – 36:05.







