School sportSport

Kenner leer NHS die fyner kuns van netbal

Die voormalige Protea-afrigter se kursus het op aanvalslyne en verdediging-strukture gefokus.

Die netbalspelers van Hoërskool Nelspruit het verlede week die geleentheid gehad om by een van Suid-Afrika se beste afrigters, Elize Kotze te leer.

Kotze, ‘n voormalige afrigter van die Protea-netbalspan, het ‘n kursus met die fokus op aanvalslyne en verdediging-strukture by NHS aangebied.

Die dogters het meer geleer oor hoe om ‘n wedstryd te interpreteer en dit ook as ‘n riglyn vir die lewe daar buite te gebruik.

Die kursus is deur ongeveer 60 dogters en agt afrigters bygewoon en hulle het die geleentheid gehad om na elke demonstrasie die vaardigheid in te oefen.

Die netbalspelers sien met afwagting daarna uit om hierdie vaardighede by môre se mix-it-liga ten toon te stel.

Die liga is ‘n interne kompetsie waartydens spelers van verskillende ouderdomsgroepe in spanne teen mekaar meeding.

Die spel is baie vinniger en daar word ook ‘n bykomende sirkel in die doelsirkel getrek. Punte word toegeken na aanleiding van die area waaruit doele aangeteken word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button