School sportSport

Atlete gee hulle alles by interhuis

Die hele Laerskool Laeveld het verlede week aan die interhuis atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Rekords het behoorlik gespat tydens Laerskool Laeveld se interhuis-atletiekbyeenkoms verlede Woensdag.

Die hele skool het aan dié uitdunne deelgeneem, om die skool se atletiekspan vir die komende seisoen te bepaal.

Die leerders het ten spyte van die snikhete omstandighede dit baie geniet, en hul beste in hardloop, spring en gewigstoot gegee.

Laerskool Laeveld Interhuis atletiek 2015 (2)

Sonja Holtzhausen, die skool se skakelbeampte, het gesê die byeenkoms het die meer ervare atlete goeie voorbereiding gebied vir die atletiekseisoen wat voorlê.

Die ster van die byeenkoms was weereens Ashaan Sebastian.

Hy het vier nuwe rekords in die seuns o/13 opgestel.

Laerskool Laeveld Interhuis atletiek 2015 (3)

Omdat die byeenkoms as deel van volgende jaar se atletiekseisoen tel, het atlete in die ouderdomsgroep wat hulle volgende jaar sal wees, deelgeneem.

Ashaan het die skoolrekords in die 80-meterhekkies (11,78 sekondes), 100-meter (12,65sek.), 200 meter (25,11sek.) en verspring (5,20 meter) vermag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button