Skool se sportsterre word gepas vereer
Op grond van akademie, sport, leierseienskappe, dienslewering en gesindheid, het Jacques Marais met die hoof se toekenning vir 2015 tydens Laerskool Nelspruit se merietetoekenningsgeleentheid weggestap.

Jacques was diensraadvoorsitter in 2015 en is as senior atletiek, rugbyspeler én sewesrugbyspeler van die jaar aangewys.
Hy het met die string prestasies ook die senior sportseun van die jaar-toekenning ontvang.
Hy sien met groot verwagting uit om sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Nelspruit voort te sit waar hy deel van hulle sportakademie gaan wees.
Angelique Nel is as sportdogter van die jaar gekroon.
Sy het ook met die trofee vir landloopatleet van die jaar weggestap. Sy het haar Mpumalanga-kleure verower en is ook in dié hokkiespan opgeneem.

Om sodoende met dié spogprestasies weg te stap, word daar vanaf gr. 4 punte ingesamel om uiteindelik te bepaal wie die trofeë gaan verower.
Die 12-jarige Jacobus Meyer het ‘n toekenning vir sy deelname in combat tang soo do verower nadat hy twee bronsmedaljes by die Gevegkuns Wêreldkampioenskappe in Las Vegas verower het.

Daar het hy ook medaljes in wapenvorms en gevegkuns losgeslaan.
Nóg toekennings:
Beste prestasie in atletiek
Seun: Jacques Marais
Dogter: Anje Nel

Netbalspeler: Michelle Boshoff
Rugbyspeler: Jacques Marais
Sewesspeler: Jacques Marais
Landloop
Seun: Johvan de Lange
Dogter: Angelique Nel
Tennis
Seun: Ruben Gründlingh
Dogter: Michelle Boshoff
Hokkie
Seun: Nico de Lange
Dogter: Strelza van Aarde
Buite skoolverband
Karate: Jacobus Meyer
Grondslagfase-toekennings
Junior sportdogter: Tanya Pieterse
Junior sportseun: Neil van Aardt.
