School sportSport

Rhinos dring deur tot halfeind

Die verdedigende kampioen van die Tuks-reeks, EG Jansen van Boksburg, mik daarna om vir die derde agtereenvolgende jaar met die kroon weg te stap.

Hulle kom Saterdag in die halfeindstryd van die reeks op die Universiteit van Pretoria se sportterrein teen die Steval/KMIA Rhinos te staan. Die eerste span van Hoërskool Nelspruit het in die kwarteindstryd Kempton Park met 28-14 verslaan.

Niemand was beter vir die Rhinos as hulle skrumskakel, Jaco Joubert nie. Hy het voortdurend vrae aan Kempies om die skrums en losskrums gevra. Die losskakel, Francois Esselen, kan ook tevrede wees met sy vertoning. Hy het takties goed geskop en sy lyn seepglad weggestuur.

Die span van Boksburg het in Middelburg HTS Middelburg in die kwarteind 42-21 geklop. Nellies se o/14 en o/16’s kom ook teen EG Jansen vir posisies 9-12 te staan terwyl die o/15’s vir posisie 13-16 teen Marais Viljoen sal uitspeel.

Die ander wedstryde lyk so:

Hokkie (dogters):
• Eerstes: Nellies vs. Eldoraigne (posisie 5-8)
• o/14 A: Nellies vs. HTS Middelburg (5-8)
• o/15 A: Nellies vs. HTS Middelburg (5-8)
• o/16 A: Nellies vs. Eldoraigne (5-8)

Seuns:
• Eerstes: Nellies vs. Menlopark (1-4)
• o/14 A: Nellies vs. Klerksdorp (9-12)
• o/16 A: Nellies vs. Garsfontein (1-4)

Netbal

• Eerstes: Nellies vs. Marais Viljoen (9-12).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button