School sportSport

Atlete verpletter rekords by JJJ-byeenkoms

Die ASA-kampioen in die 800m van Hoërskool Rob Ferreira, Amos Khoza, het drie nuwe rekords by die afgelope naweek se JJJ-atletiekbyeenkoms by Robbies verpletter.

Die 15-jarige, wat saam met die o/16’s hardloop, het ‘n HTS Witbank-atleet van 2014 se tyd in die 800m van 02:03,81 met byna drie minute verbeter toe hy ‘n wentyd van 02:00,69 behaal het. Hy het verder rekords in die 1 500m en 400m opgestel.

In die laasgenoemde item, het hy vir o/15-seuns gehardloop.

Lees ook: Marais, Banda en Khoza goud werk

Hy het vroeër vanjaar ‘n eerste plek by die ASA-kampioenskappe in die 800m verower. Hy het met ‘n tyd van 1:54,54 gewen. Nes tydens die Mpumalanga-kampioenskappe in Secunda en die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe in Bloemfontein, het hy ook gewys wat hy werd is. In die Rosestad was hy derde in 800m met 1:57,49. Hy het ook ‘n medalje in die 1 500m gekry.

‘n Hele paar ander plaaslike atlete behoort hulself volgende jaar deeglik op die baan en veld te laat geld.

Hoërskool Nelspruit, wat die byeenkoms met ‘n puntetotaal van 330 gewen het, net 18 punte voor Rob, wat tweede geëindig het, se Joshua Maass het die eerste o/16-seun in die Laeveld se geskiedenis geword deur die 700g-spies verder as 70m deur die lug te laat trek.

Joshua Maass.
Joshua Maass.

Sy afstand van 70,90m plaas hom nou onder die top-vyf o/17-atlete vir 2016 in Suid-Afrika.

Hy het die bestaande rekord van 55,64 wat in 2014 opgestel is, verbeter.

Lees ook: Twintig Nellies gekies vir provinsiale span

Lowveld High School se sportvrou van die jaar, Nolwazi Mashaba, het twee nuwe rekords vasgepen.

Sy is ook gedurende die Mpumalanga Sport-toekenningsgeleentheid as die sub-junior veldatleet van die jaar aangewys. Nolwazi het vir o/15-dogters die driesprongafstand van 9,81m verbeter toe sy die maatband op 11,60m laat lees het. Sy het ook die verspringrekord verbeter.

Nolwazi Mashaba.
Nolwazi

Alhoewel Bergvlam se Braam van der Merwe, ‘n tweede plek vir o/16-seuns in die 1 500m behaal het, het hy ‘n nuwe tyd van 04:21,28, ‘n hele 1,13sek vinniger as verlede jaar se tyd, opgestel.

Rob het 14 atlete by die Naboom top-10 byeenkoms gehad wat meer as 950 ASA-punte behaal het.

Nkosana Mpinga (o/15) het ‘n persoonlike beste in die 100m van 10,70sek, en die 200m in 22,2 opgestel.

Die o/14 Vusi Ndlovu het ‘n tyd van 23,1 in die 200m en 53,12 in die 400m gehardloop wat meer as 1 000 ASA-punte werd was.

“Rob het ‘n onvergeetlike 2016-atletiekseisoen met verskeie hoogtepunte gehad. By die Laeveld Streekskampioenskappe, het ons die meeste deelnemers gehad en het die meeste medaljes van die verteenwoordigende skole ontvang,” het die atletiekafrigter van Rob, Stefan van der Merwe, gesê.

By die Mpumalanga-kampioenskappe was 47 Rob-atlete in aksie en het met ‘n totaal van 21 medaljes, die meeste in die provinsie, teruggekeer Laeveld toe.

14695559_1851871405049605_8337675625652093358_n

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button