School sportSport

Nellies se krieketspan dra die kroon

Laerskool Nelspruit se o/12A-krieketspan is as die provinsie se beste gekroon nadat hulle die seuns van Laerskool Goedehoop in die Mpumalanga Grootskole-eindstryd geklop het.

Nellies het die loot gewen en besluit om hulle kolwers na die blad te stuur.

Hulle het 146 lopies in 30 beurte aangeteken. Dit was ‘n naelbyteindstryd toe Nellies die stryd met net drie lopies gewen het.

Dit was die derde keer wat hierdie spanne mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Twee jaar gelede het die span in die eindstryd teen die einste Goedehoop vasgeval.

“My span het almal saam ‘n aandeel in die soet oorwinning gehad. Daar is nie een speler wat ek kan uitsonder nie. Elke speler het hulle deel op die veld, met die kolf en die bal in die hand gedien. Ek is bitter trots op die seuns,” het die afrigter, Gerrie Doyer, gesê.

Prestasies deur die seisoen:
50 of meer lopies in ‘n wedstryd aangeteken
• Joshua Louw
• Duan Meyer
• Paul Harley
Vyf of meer paaltjies in ‘n wedstryd plagetrek
• Joshua Louw
• Duan Meyer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button