School sportSport
Tennisdogters wys hulle is die beste
Nóg 'n sportspan van Laerskool Nelspruit, die ope A-dogterstennisspan, spog met 'n Mpumalanga-beker.
Die finale rondes om die uiteindelike wenners te bepaal, het by Middelburg Tennisklub plaasgevind.
Drie spanne, Laerskool Standerton, CR Swart en Nellies het vir die beker meegeding.
Nellies klop CR Swart met 15 stelle. Die dogters het ses wedstryde gespeel waarvan hulle net een verloor het. Daarna het die span teen Standerton te staan gekom waar Nellies 27-16 gewen het. Uit die drie wedstryde wat gespeel was, het Nellies twee verloor en een gelykop gespeel.
Die dogterspan van Arili Boshoff, Zoë Bergmann, Lize Oosthuizen en Mia Gunter het as wenners uit die stryd getree.
Totaal vir die dag
• Nellies – 56
• Standerton – 39
• CR Swart – 34.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

