Kranige rugbyspeler span sy skool se seile
Kaptein van die o/18 Puma Akademie-span, Janco Lourens is Hoërskool Rob Ferreira se sportseun van die jaar.

Hy deel die senior rugbyspeler van die jaar trofee met sy spanmaat, Boeta Botha.
Nie net is Juané Botha as die sportdogter van die jaar aangewys nie, maar die senior hokkiespeler van die jaar-trofee is ook aan haar toegeken.

Die ASA-kampioen in die 800m van Hoërskool Rob Ferreira, Amos Khoza, het drie nuwe rekords by die onlangse JJJ-atletiekbyeenkoms by Robbies verpletter.
Dié 15-jarige, wat saam met die o/16’s hardloop, het ‘n HTS Witbank-atleet van 2014 se tyd in die 800m van 02:03,81 verbeter toe hy ‘n wentyd van 02:00,69 behaal het. Hy het verder rekords in die 1 500m en 400m opgestel. In die laasgenoemde item, het hy vir o/15-seuns gehardloop.
Lees ook: Marais, Banda en Khoza goud werk
Hy het vroeër vanjaar ‘n eerste plek by die ASA-kampioenskappe in die 800m verower. Hy het met ‘n tyd van 1:54,54 gewen. Nes tydens die Mpumalanga-kampioenskappe in Secunda en die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe in Bloemfontein, het hy gewys wat hy werd is.

Hy was derde in die Rosestad in die 800m met 1:57,49. Hy het ook ‘n medalje in die 1 500m gekry.
Trofeë wenners
• Amos Khoza – Seunsatleet van die jaar
• Mia Hattingh – Mees belowendste junior hokkiespeler
• Boeta Botha – Senior rugbyspeler van die jaar
• Juané Botha – Sportdogter van die jaar, senior hokkiespeler van die jaar
• Janco Lourens – Sportseun van die jaar, senior rugbyspeler van die jaar.
