School sportSport

Dié twee is Laerskool Laeveld se trots

Ané Janse van Rensburg is Laerskool Laeveld se goue meisie: landloop- en sportdogter van die jaar, gr. 6 se dux-leerling van die jaar, Ramps for Runway se mees fotogeniese model vir vlak drie en vier én sy het 'n hart vir diere.

Laeveld se sportseun van die jaar, PJ Coetzee se atletiekseisoen is vroeg in die jaar kortgenip nadat hy ‘n knie-besering opgedoen het, maar dit het hom nie gestuit nie.

Die o/13-krieketspan van Laeveld, het vanjaar net die knie teen Laerskool Bergland, wat as die grootskolekampioene gekroon is, gebuig. PJ het meer as 380 lopies gemoker – ‘n gemiddeld van
lopies per wedstryd. PJ, 2016 se hoofseun, was die kaptein van die krieket- en hokkiespan.

Lees ook: Laerskool Laeveld blink uit!

Sy naam staan vir die derde jaar op die plaatjie vir sportseun van die jaar gegraveer. Hy deel vanjaar die trofee met Marco Capazorio. Hy het verlede jaar ook met die toekenning weggestap en in 2014 dit met Anton van Eijk gedeel.

PJ Coetzee.
PJ Coetzee.

Verlede jaar is hy tot die Pumas se o/12-rugbyspan verkies en vanjaar was hy een van net twee spelers van Laeveld wat vir die Pumas XV-tal gekies is.

Sedert gr. 2, het hy gereeld aan die Mpumalanga-kampioenskappe vir atletiek en landloop deelgeneem.

Twee jaar gelede, was hy na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir 80m en 100m, hoogspring en aflos.

PJ het reeds vier keer op die ATKV-verhoog gestaan waar hy drie keer na die tweede ronde deurgedring het en een keer die finaal ronde gehaal het. Vir sy gemiddeld van 91,7%, is hy ook as gr. 7
se duxleerling van die jaar aangewys.

“Ek is baie geseënd met ‘n besonderse laerskoolloopbaan. Ek is reeds hard aan die werk vir volgende jaar se atletiekseisoen waar ek hoop om deel van Hoërskool Nelspruit se sportfamilie te word,” vertel PJ.

Ané (o/12) het tydens die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe in George in die Wes-Kaap, tweede vir Mpumalanga geëindig en die span het ‘n algehele derde plek verower.

Lees ook: Talent blom by Laerskool Laeveld

“Varkie” soos meeste haar op die sportgronde ken, het in die atletiekseisoen verskeie eerste plekke in gewigstoot behaal en medaljes by die interlaer-byeenkoms om haar nek gehang.

“Baie dankie aan mnr. Adriaan Jooste wat my die afgelope paar jaar langs die sportveld bygestaan het. Meneer is ‘n yster! Om as my skool se sportdogter van die jaar aangewys te word, is my grootste prestasie nóg. Ek het ‘n passie vir atletiek, akademie en kultuur,” sê Ané.

Ané Janse van Rensburg.
Ané Janse van Rensburg.

Sy was ook die mees fotogeniese model as gevolg van die manier hoe sy haarself aan agente voorstel en ook vir die beste Z-kaart (advertensiebord wat aan agente gestuur word).

“Ek het ‘n groot liefde vir diere waar ek gereeld kos aan Pro-Life Pet Rescue skenk. Ek is ook by die Lowveld Feral Cat-projek betrokke.”

PJ Coetzee, Marco Capazorio en Ané Janse van Rensburg.
PJ Coetzee, Marco Capazorio en Ané Janse van Rensburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button