School sportSport

Vlammies se spelers in Dubai in aksie

'n Groep seuns van Hoërskool Bergvlam het in Desember aan die Emirates Airlines Dubai o/19-sewestoernooi deelgeneem.

Die Centurion Uitnodiging-span, onder leiding van Hugo Harmse, het 12de uit 24 geëindig.

“Dit was harde wedstryde. Die internasionale spanne waarteen ons gespeel het, is van wêreldklas-gehalte. Die seuns het goeie ondervinding opgedoen en dit was vir ons almal ‘n belewenis,” het Harmse gesê.

DSC_0126

Mauritius, die Eagle All Stars, Frankryk, Brussels en Felixton was onder andere op die span se kerfstok.

Lees ook: Vlammies se sewes hou skild omhoog

“Ons het nie sleg gevaar nie. Dit was naelbytwedstryde en ons het elke keer net-net met twee punte vasgeval. Ons het verskeie bakens soos onder Atlantis the Palm, wat een van die grootste waterparke in die wêreld is besoek asook die Burj Khalifa,” vertel Harmse.

Penryn College se spoedvraat, Ernest Mthethwa was ook deel van die span.

DSC_0043

Só het die span gespeel
• Mauritius 17 vs Centurion Uitnodigingspan 15
• Eagle All Stars 12 vs Centurion 10
• Frankryk 36 vs 12 Centurion
• Brussels 17 vs Centurion 15
• Pietermaritzburg Voortrekker 0 vs Centurion 28.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button