School sportSport

Lanies-atlete verwerf 42 medaljes

Atlete en swemmers van Laerskool Malelane het die afgelope naweek verskeie podiumplekke by byeenkomste behaal.

Atlete van Laerskool Malelane het Saterdag 42 medaljes ingeoes tydens ‘n vriendskaplike byeenkoms in Barberton.

Die Lanies het teen Curro Meridian, Curro Nelspruit, Clivia en Barberton deelgeneem. Alhoewel daar sterk kompetisie tussen die skole was, het ‘n gesellige, vrolike atmosfeer geheers en was dit ‘n goeie uitdungeleentheid met die oog op einde Februarie se interlaer.

Die volgende leerlinge het medaljes verwerf:

Hope Madonsela: 100m en hoogspring (dogters o/12)

• Qitawekazi Mkhatshwa: 60m- en 80m- naellope (dogters o/9)

• Zimri Leuvennink: 800m (dogters o/13)

• Thandiswa Mkuna: Verspring (dogters o/13)

• Hopewell Khoza: Verspring (seuns o/13)

• Ayomide Osho: 150m (dogters o/12)

• Mia van Staden: 1 200m (dogters o/11)

• Siyavuyo Mnisi: 80m en 70m hekkies (seuns o/10) en hoogste ASA-punte vir die 70m-hekkies

• Zonke Nkosi: Hoogspring (dogters o/13)

• Teagan Terblans: Gewigstoot (dogters o/11)

• Die seuns o/10-aflosspan het ook ‘n goue medalje verower.

Die subdistriktebyeenkoms is op 14 Februarie by Komati Akademie. Leerlinge wat hier deurdring gaan op 21 Februarie by Laerskool Malelane aan die distriktebyeenkoms deelneem. Die Nkomazi-, Mbombela- en White Hazy-distrikte gaan vir ‘n plek in die Ehlanzeni-span meeding.

Laerskool Malelane se swemmers het ook die afgelope naweek puik presteer. Janca Hattingh en Rossouw Janson het aan die Mpumalanga Age Group Gala in Mbombela deelgeneem.

Jansen het ‘n vyfde plek in sy ouderdomsgroep vir die 50m-borsslag en ‘n vierde plek in die 50m-vlinderslag behaal, terwyl Hattingh eerste in haar ouderdomsgroep vir die 50m-borsslag was.

Lees oor ander Lanie-prestasies:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button