School sportSport

Stervertonings kan van dié atlete verwag word

Die tafel vir die 2017 Interlaer-atletiekbyeenkoms is gedek.

Teen Vrydagmiddag sal die top-atlete van die Laeveld se name uitgelees word.

Gasheerskool, Laerskool Lydenburg verwag meer as 1 500 toeskouers wat die deelnemende skole, Nelspruit, Laeveld, Bergland, Witrivier, Barberton en Lydies se atlete op die dag gaan aanspoor.

Lydies se goue seun, Zimele Sibanyoni, wat as die beste senior baanatleet by Laerskool Laeveld se Windowtec Awnings and Blinds Prestige-byeenkoms aangewys is, is iemand wat toeskouers kan dophou.

Larissa Grobler en Zimele Sibanyoni.

Hy spog met ‘n tyd van 12,66 in die 80m-hekkies en het hierdie seisoen al ‘n nuwe rekord agter sy naam geskryf.

Larissa Grobler, ook van Lydies is ‘n uitblinkeratleet in die 200m asook in die 75m-hekkies. Sy het in albei items rekordtye behaal.

Lees ook: Shanese, Anje goed op dreef vir atletiekseisoen

Ashley Erasmus en Shanese de Clerck van Laerskool Nelspruit sal toeskouers se wenkbroue laat lig.

Ashley (o/12) is die verdedigende Suid-Afrikaanse gewigstootkampioen.

Haar persoonlike beste afstand van 11,25m het sy vroeër vanjaar by Nellies se interhuisbyeenkoms opgestel.

Die veelsydige Shanese is een van die Laeveld se groot aanspraakmakers.

Shanese de Clerck. Foto: Johan Orton

Die o/12-atleet het by die Vodacom vriendskaplike byeenkoms drie nuwe rekords agter haar naam in onderskeidelik die hoogspring, verspring en 150m geskryf.

Haar persoonlike beste afstand in die verspringput is 4,79m en in die hoogspring spog sy met ‘n briljante 1,44m.

Laerskool Laeveld se landloop- en sportdogter van die jaar, Ané Janse van Vuuren (o/13), is ‘n sterk kandidaat in
veral die langafstande, 800-, 200- en 1 500m. Sy spog met persoonlike beste tye van 2:35 (800m), 5:35 (1 500m) en in die gewigstootput met ‘n massiewe afstand van 9,03m.

Ané Janse van Rensburg.

Haar spanmaat, Luan Steyn (o/13) is ook ‘n langasem en druk ook gereeld sy stempel in die verspringput af. Sy tye van 2:26 (800m), 5:09 (1 500m) en sy afstand van 4,60m in verspring kan ook uithalervertonings wees.

Luan Steyn.

Laerskool Nelspruit
• Ashley Erasmus (o/12)
Gewigstoot (11,25m)
• Shanese de Clerck
Hoogspring (1,44m), verspring (4,79m), 75m-hekkies (13,05sek).

Laerskool Lydenburg
• Zimele Sibanyoni
80m-hekkies, 200m-hekkies, hoogspring, verspring, 100- en 200m
• Larissa Grobler
200m, 75m-hekkies.

Laerskool Laeveld
• Luan Steyn
800m (2:26sek), 1 500m (5:09sek), verspring (4,60m)
• Ané Janse van Rensburg
800m (2:35), 200m (29,97sek), 1 500m (5:35sek), gewigstoot (9,03m).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button