School sportSport

Atletiekskouspel sorg vir groot opwinding

Die rekords het die naweek op Laerskool Lydenburg en Hoërskool Barberton se jaarlikse interlaer- en interhoër-atletiekbyeenkomste die een na die ander getuimel.

Laerskool Nelspruit se Shanese de Clerck (o/12) het sewe goue medaljes by die Obaro Interlaer in onderskeidelik hoog- en verspring, 75m- en 150m-hekkies, asook 100- en 150m om haar nek gehang.

Die o/12-dogtersaflosspan se Shanese, Arili Boshoff, Danielle Groenewald en Lorraine van Wyk het ook ‘n eerste plek verower.

Shanese het met die victrix ludorum-trofee huis toe teruggekeer en sy is ook as die beste baanatleet gekroon.

Gasheerskool, Laerskool Lydenburg se goue seun, Zimele Sibanyoni (o/13) het vyf goue medaljes ingepalm en is as die beste seunsbaanatleet, asook die senior victor ludorum aangewys.

Hy het die 200m in 26,85, die 80m-hekkies in 12,59, die 200m-hekkies in 30,72 en die 100m in 13,07 kafgedraf. Hy het verder ook ‘n vierde plek in die verspring en ‘n vyfde in die hoogspring behaal.

Die trofeë vir die beste middelafstand (seun en dogter), beste hekkiesatleet (dogter) en beste prestasie van die dag (dogter) staan óók in Nellies se spogkas.

Ruben Greeff (o/10, 1 200m), Lana Botha (o/10, 1 200m), Anje Nel (o/13, 200m-hekkies) en Kiara Craven (o/10, hoogspring) se name is vir bogenoemde items uitgeroep.

Ondanks ‘n spanningvolle tydjie weens die moontlike ontwrigting wat sikloon Dineo kon veroorsaak, is 2017 se Mediclinic Nelspruit Interhoërbyeenkoms met groot welslae op Barberton aangebied.

Die gasheerskool verdien lof en bewondering vir die wyse waarop hulle baie hard gewerk het om die swaar, nat baan en veld in gereedheid te bring. Hoërskool Nelspruit se 52ste agtereenvolgende oorwinning was welverdiend en net weer ‘n bewys dat wanneer die bekende Nellie-guts inskop, sukses om die draai wag.

Moenie Vrydag se uitgawe van Laevelder se interhoërbylaag van 12 bladsye misloop nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button