School sportSport
Rob se skuts op pad na Engeland
Hoërskool Rob Ferreira se Franzel Theron en Zanté Bensch is in die Suid-Afrikaanse skutspan wat later vanjaar na Bisley, Engeland vir die Juniorkampioenskappe toer, ingesluit.
Franzel, Zanté en Lee Buys het gedurende die vakansie aan die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.
Franzel het verlede jaar met ‘n .22 begin skiet en in die C-klas deelgeneem (skuts met tellings tussen 90% en 95%).
Lees ook: Vlammies se skuts op teiken na glorie
Sy het dié klas algeheel gewen en derde in die dames-afdeling met ‘n gemiddeld van 95,73% geëindig.
Zanté en Lee, wat eers vanjaarkompeterend begin deelneem het, het in die D-klas (skuts met ‘n gemiddeld onder 90%), geskiet.
Zanté het as kampioen in die beginners-afdeling met ‘n gemiddeld van 90,57% uit die stryd getree en Lee was derde
met 88,3%.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
