Pret, plesier en vermaak by Makiti
Kom koop, kom eet en kom luister by die Maroela Makiti aan die einde van die maand.
NELSPRUIT – Maak solank reg vir die groot vermaak, heerlike kos en vele stalletjies van die Maroela Makiti. Dit is op 31 Januarie van 13:30 tot 22:30 en 1 Februarie van 07:00 tot 22:30 by Hoërskool Bergvlam.
Happyland Amusement Park begin al vanaf 24 Januarie hul toerusting opslaan en skaatsplankryers kan uitsien na optredes deur Thabo Nage, Adam Woolf en Brandon Dymond. Daar gaan ook ‘n kompetisie wees, waar plaaslike jongmense hul slag op die skaatsplank kan wys.
Behalwe die tien topkunstenaars soos Bok van Blerk en Riana Nel, gaan daar ook ses opkomende kunstenaars en groepe wees. Hulle gaan sorg vir vermaak deur die dag.
Tussen die verskeidenheid stalletjies gaan daar ook heelwat kos soos pannekoek en vetkoek wees, asook ‘n restaurant met heerlike geregte.
Navrae: Mantoine by 072 278 4526 of info@mbpromark.co.za.
Lees ‘n Engelse berig oor die Maroela Makiti hier.
Loer na die program hier.
