EntertainmentLifestyle

Die Maroela Makiti is om die draai

Maak reg vir die Maroela Makiti op 31 Januarie en 1 Februarie. Skryf nou in om een van vier dubbel-VIP-kaartjies te wen!

NELSPRUIT – Die Maroela Makiti is om die draai en die organiseerders kry navrae van regoor die land. Dit vind plaas op 31 Januarie van 13:30 tot 22:30 en 1 Februarie van 07:00 tot 22:30 by Hoërskool Bergvlam. Die fees word jaarliks deur die Nederduitsch Hervormde Kerk Nelspruit aangebied.

Persone wat graag betrokke wil raak is welkom om die loodsfunksie by te woon. Dit vind op 16 Januarie, 18:30, by die Hervormde Kerk in Belladonna Straat plaas.

Tydens die geleentheid gaan stalletjiehouers al die nodige inligting ontvang, die borge word bekendgestel en ‘n paar van die fees se maroelaprodukte gaan geproe word.

Dit sal die laaste kans vir gemeenskapslede wees om te sien waaroor die Maroela Makiti gaan en betrokke te raak. Bespreek jou plek by MB Promark by 072-278-4526 of info@mbpromark.co.za

Gedurende die week van 20 Januarie gaan sommige van die kerk se gemeentelede begin om twee ton maroela te verwerk. Die vrugte gaan in jellie, konfyt, bier en blatjang omskep word in die kerk se lapa.

Verlede jaar is daar meer as 1, 2 ton suiker en meer as een ton koekmeel by die kosstalletjies gebruik. Die organiseerders benodig nog koekmeel, olie, suiker, brouersgis, groente en vleis. Om iets te skenk, skakel Mantoine by 072-278-4526.

Behalwe die heerlike kos, is daar ook hope interessante vermaak om na uit te sien. Vanaf 24 Januarie gaan Happyland Amusement Park die pretpark aanmekaar begin sit. Skaatsplankryers sal tydens die fees aan ‘n kompetisie kan deelneem en na die toertjies van professionele skaatsplankryers soos Thabo Nage, Adam Woolf en Brandon Dymond kan kyk. Navrae: Garath Green by 083-739-3293.

Motorfietsryers gaan ook deel aan die fees hê, met ‘n bikers’ breakfast run op Saterdag 1 Februarie om 07:00. Dit word deur die Mavericks Club gereël. Navrae: Johan by 082-894-7241.

Jy kan een van vier dubbel-VIP-kaartjies na die Maroela Makiti wen (slegs een dubbelkaartjie per persoon).

SMS die sleutelwoord ‘maroela’ en jou naam na 35954. SMS’e kos R1,50 elk. Jy mag soveel keer inskryf soos jy wil.

Die kompetisie is ‘n gelukkige trekking.

Sluitingsdatum: 13 Januarie om 12:00.

Wenners sal die organiseerders gekontak word.

Wenners is self verantwoordelik vir vervoer na en verblyf tydens die Maroela Makiti.

Geen werknemer van Laeveld Media of enige familielid van die Maroela Makiti-organiseerders mag inskryf nie.

Vir meer inligting oor die Maroela Makiti of om die program te sien, kliek hier.

AD sTRIP

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button