EntertainmentLifestyle

Begin die Makiti met ‘n motorfietsrit

Sluit by die Maverick's Club aan vir die Bikers' Breakfast Run op 1 Februarie tydens die Maroela Makiti.

Die Maroela Makiti probeer hierdie jaar om ‘n ietsie vir elke belangstelling te bied. Daar gaan stalletjies vir vroue, mans, babas, tieners, sportliefhebbers en kreatiewes wees.

Op 1 Februarie om 07:00 kan motorfietsryers ook deel van die pret word. Die Maverick’s Klub bied ‘n Bikers’ Run aan, wat vanaf Hoërskool Bergvlam vertrek.

Hulle volg daarna die pad na Waterval Onder via Kaapsehoop en weer terug na Hoërskool Bergvlam. ‘n Ondersteuningsvoertuig sal ook saamgaan.

Gaan maak gerus na die rit ‘n draai by die Maroela Makiti se stalletjies of gaan geniet ontbyt by die restaurant.

Navrae: Johan by 082-894-7241.

Kliek hier vir meer inligting oor die Maroela Makiti: https://www.citizen.co.za/lowvelder/events/event/dis-amper-tyd-vir-maroela-makiti/

 

AD sTRIP

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button