Onthou om jou kaartjie te kry
Jy kan al reeds jou kaartjie vir die Maroela Makiti by die Hervormde Kerk of Computicket kry.
NELSPRUIT – Volgende naweek gaan daar groot gekuier word op Hoërskool Bergvlam se sportvelde, want dis tyd vir die Maroela Makiti.
Op 29 en 30 Januarie kan kinders ‘n draai by Hoërskool Bergvlam maak en solank op die ritte van Happyland Amusement Park baljaar. Hulle hoef op daardie dae nie toegangsgeld vir die Makiti te betaal nie, hulle moet slegs vir ritte betaal. Tydens die Makiti is toegangsgelde R70pp, wat vir jou ‘n gekleurde armbandjie sal besorg.
Kinders onder 12 en pensioenarisse bo 70 kan die fees gratis bywoon. ‘n Bandjie vir die hele naweek is teen ‘n spesiale tarief beskikbaar. Maak seker dat dit stewig om jou gewrig is wanneer jy die terrein betree, anders sal jy nie toegelaat word nie.
Parkering op die terrein is gratis en daar sal spesiale parkeerplekke vir bejaardes en gestremdes wees. ‘n Gholfkarretjie sal hulle tussen die parkeerterrein en stalletjies vervoer.
Jy kan jou kaartjie by Computicket bespreek of solank by die Nederduitsch Hervormde Kerk Nelspruit, Belladonna-straat 120, koop. Die kantoor sal Maandag tot Vrydag tussen 09:00 en 13:00 oop wees.
Jy kan ook op 31 Januarie en 1 Februarie by toegangshekke ‘n bandjie aanskaf.
Besoek www.maroelamakiti.co.za of skakel Mantoine by 072-278-4526 vir navrae.
