EntertainmentLifestyle

Nico Moolman se boeke vol nostalgie en onthou

Nico Moolman is op 22 Februarie om 10:00 by Stoep in Nelspruit om sy jongste publikasie, gewy aan die Afrikaner vrou, Zij, bekend te stel.

NELSPRUIT – Die koffietafel-publikasies van Nico Moolman is gemik op die nostalgie veel eerders as klinkharde historiese feite, en dit is wat die boeke so besonders maak.

Ook het Nico ‘n lang verbintenis het met ons omgewing – veral meer suid by Steynsdorp agter die Makwonjas waar hy as kind van ‘ne plaaslike polisieman grootgeword het. Ook sy Hoëveldse herinneringe by sy ouma en oupa aan moederskant op die plaas by Morgenzon bied lieflike leestof.

Daarom ook dat sy eerste boek, Kuier in ‘n Plaaskombuis, Herinneringe en stories van gister wat tussen 2005 en 2012 al ses drukke beleef het, die meeste tot my spreek. Hier meng familiegeskiedenis en die wel en weë van regte mense, met outydse resepte en rate. Ou plaasresepte is opgediep en word dikwels net so in faksimilie-vorm oorgedruk. Gedruk in sepia monochroom vol ou foto’s en erfstukke, is hierdie ‘n album wat enige van ons se herkoms kon verteenwoordig.

Toe volg Uit Ouma se Uitsetkis, resepte, kultuur en verlange, meer kleurvol en oor mense wyer as net eie familie. Dis ‘n ware “scrapbook” oor ons Boere-verlede met tydskrif- en koerantknipsels van artikels en advertensies wat dikwels nog vaagweg in die geheue bly vasteek het. Dis soos om in ou plattelandse negosiewinkel te verdwaal of verlore te raak tussen die blikke en flesse in ‘n ou plaasspens.

Hierdie Saterdag 22 Februarie om 10:00 is Nico Moolman by Stoep in Nelspruit om sy jongste publikasie, gewy aan die Afrikaner vrou, Zij, bekend te stel. Zij word uitgegee om saam te val met die 100-jarige herdenking van die Vrouemonument in Bloemfontein. Die ander vroeëre publikasies sal ook beskikbaar wees.

Met sy onlangse bekendstelling by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein is die volgende gesê: Hierdie boek, oorspronklik geïnspireer deur verlede jaar se herdenking van die oprigting van die Vrouemonument ’n eeu gelede, het gegroei tot ’n boek wat daarby aansluit maar terselfdertyd ook ’n omvattende eie identiteit ontwikkel het – in Nico Moolman se unieke en eiesoortige styl wat hom reeds ’n landwye aanhang besorg het, ’n gedenkskrif aan “die vrou”: Zij (Sy) – die Afrikanervrou van voor, tydens en na die Anglo-Boereoorlog. In sy historisiteit word dit ook ’n ode aan die vrou van alle tye.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button