EntertainmentLifestyle
Kaartjies vir Nataniël nou beskikbaar
Moenie die vermaaklike Nataniël se besoek aan die Laeveld misloop nie.

‘n Vertoning met uitspattige kostuums, hemelse musiek en lekker-lag-stories is wat Nataniël gaan bied.
Op 11 Maart gaan hy Laevelders by Hoërskool Bergvlam vermaak. Dit begin om 18:30 en kaartjies is by die KLCBT-kantore, Computicket en Unigrad College (slegs kontant) beskikbaar.
Pryse beloop tussen R120 en R150.
Die afgelope dekade het Nataniël nie net homself as produksieleier, regisseur, skrywer en publike spreker bewys nie, maar ook as een van Suid-Afrika se mees toonaangewende kunstenaars, wat van ‘n eenman-kabaret en lewende opvoerings ‘n sukses kan maak.
Moenie die geleentheid misloop nie.
