Kanoeksie en Kadoeksieleer kleintjies van die lewe
Die atmosfeer was vrolik en die kinders het al te lekker gelag.

Die jongspan is Woensdagmiddag deur die twee elfies al die pad van die Paarl af, Kanoeksie en Kadoeksie, vermaak. Dié twee se persoonlikhede is net so kleurvol soos die reënboog. Kadoeksie is ‘n besige seuntjie wat hou van sport, om met sy karretjies te speel en nuwe dinge te ontdek. Kanoeksie is ‘n oulike dogtertjie wat mal is oor ballet en musiek.
Saam met hulle beste maatjie, Lielie, het hulle kleingoed geleer hoe om huiswerk te doen, te dans en om in te kleur. Hulle het hulle ook geleer hoe om somme te doen en dat jy altyd jou speelgoed moet optel.
Die atmosfeer was vrolik en die kinders het al te lekker gelag. Aan die einde van die vertoning kon elke kleintjie saam met Kanoeksie en Kadoeksie ‘n foto neem. Apies Innibos is in die skoolsaal op die feesterrein.
Daar is elke dag vanaf 11:00 tot 17:00 ‘n propvol vermaakprogram waar baie pret-aktiwiteite aangebied word.
