EntertainmentLifestyle

Gewilde fees vind weer eersdaags plaas

Die Wildevy manne is ‘n nie winsgewende organsasie wat daargestel is deur manne uit die gemeenskap om fondse vir minderbevoorregtes in die gemeenskap in te samel. Die 4x4 gesinsdag is slegs een van die projekte wat jaarliks aangebied word.

BURGERSFORT – Stof af die 4×4 se spaarwiel, kry die engine warm en kom wees deel van die immergewilde Wildevy 4×4 gesinsdag.

Die Wildevy-manne is ‘n nie winsgewende organsasie wat daargestel is deur manne uit die gemeenskap om fondse vir minderbevoorregtes in die gemeenskap in te samel. Die 4×4 gesinsdag is slegs een van die projekte wat jaarliks aangebied word.

Die organisasie wil graag alle 4×4 entoesiaste, asook die publiek, nooi om deel te kom wees van die dag, wat ook die tiende bestaanjaar van die wel bekende dag is. Dit vind plaas op 27 Julie by PLM boerderye, 10km buite Burgersfort, op die Lydenburg-R37 pad.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button