Blinklyf-bielies maak span kampioene van diepsee

"Ons het op 11 November so uur voor die einde van die kompetisie 'n swart marlyn wat min of meer 100kg geweeg het, gevang."

Hengel is spanwerk en vir een Laeveldse span het hul motivering en passie vir die diepsee-hengelwaters hul die eerste plek in die gesogte Billfish 15000-kampioenskappe in Sodwana, KwaZulu-Natal besorg.

Die kompetisie het vanaf 10 tot

14 November plaasgevind. Die visse het behoorlik gebyt en gespartel soos Team Hotline dié reusagtige blinklywe uit die water getrek het.

Hulle het 508 punte behaal wat hulle die gesogte trofee besorg het. Die vier lede is Reghardt Meyer, Johan Wessels, Handro Swart, en kaptein Sean Veijeren.

Veijeren is ‘n ervare kaptein wat vir meer as 30 jaar hengel. Hy het hierdie jaar die Billfish 15000 vir die tweede keer gewen, en ook in die verlede die OET al twee keer gewen.

Die ander spanlid, Swart het op ‘n ander boot die Billfish 15000 gewen. Beide Veijeren en Swart het reeds hulle nasionale kleure in die sport verwerf.

Volgens Meyer het hierdie wenspan twee besonderse groot visse uit die water getrek.

“Ons het op 11 November so uur voor die einde van die kompetisie ‘n swart marlyn wat min of meer 100kg geweeg het, gevang. Swart was die hengelaar,” het hy genoem.

“Ek het die blou marlyn wat 200kg geweeg het, op 14 November gevang.”

Meyer neem al vir vier jaar deel aan hengelkompetisies, maar vang al amper 10 jaar lank vis en het die voorreg om een van Suid-Afrika se tophengelaars te word.

‘n Mens kry die meeste punte vir ‘n swaardvis teen 330, dan kry jy 220 vir ‘n marlyn en heelwat minder vir seilvisse en ‘n short bill-speervis.

Daar is ook bonuspunte vir verskillende spesies en vir die eerste vyf visse wat elke dag gevang word. Om die punte te kry moet jy ‘n foto van die vis en ‘n spesifieke kleurbandjie, aan die komitee kan wys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button