Wees deel van die grootste massabraai ooit
Innibos beplan die grootste massabraai ooit tydens hul programbekendstelling op 15 Mei by Hoërskool Bergvlam. Wil jy deel wees van hierdie wêreldrekordpoging?

Dan moet jy Saterdag 9 Mei vanaf 09:00 tot 13:00 by Riverside Mall, Crossing SUPERSPAR en I’langa Mall wees en by die Innibos feesbestuur registreer om deel te neem. Jy kan ook ‘n gratis voorkoot kry.
Individue en spanne kan nou al by die feeskantoor registreer of Saterdag saamspan en dan registreer.
Nie net is die geleentheid op 15 Mei gratis nie, maar Kurt Darren, Beeskraal en Wicus van der Merwe sal vir ‘n jolige atmosfeer sorg. Wie kan nou nee sê daarvoor?
Kry jou familie, kollegas en vriende bymekaar en skryf nou ‘n span in. Innibos benodig 2 802 mense om van hierdie braaipoging ‘n sukses te maak. Elke braaier wat deelneem, kry ‘n stukkie wors en ‘n broodrolletjie wat vir die rekordpoging gebruik gaan word. Die braaiplekke, roosters en vure word ook deur Innibos voorsien. Bring net jou eie braaitang.
Die Guinness World Records het baie streng voorskrifte waarvolgens hierdie poging aangepak moet word en daar sal 60 amptelike braaimonitors wees wat die poging bevestig. Die perseel gaan in braaiblokke verdeel word en elke monitor sal vir 50 mense verantwoordelik wees. Die rekordpoging gaan 30 minute lank duur, waarna die mense na hartelus hul eie vleisie kan braai, saamkuier en die lekker vermaak wat aangebied word, kan geniet.
Daar sal stalletjies wees wat pap, sous en slaai verkoop, asook braaipakkies vir dié wat nie hulle eie vleis van die huis af wil saambring nie. Daar is ook ‘n kontantkroeg beskikbaar. Bring jou eie eetgerei saam en ‘n stoel om op te sit vir die lekker kuier.
Moenie sloer nie, gaan registreer sommer nou al! Navrae: dmin@innibos.co.za of Alison by 013-741-5294.
