EntertainmentLifestyle

Afrikaanse musiek kry ‘n nuwe stem: Leah

Leah se klank het nie ‘n spesifieke teikenmark nie, maar spreek eerder tot oud en jonk.

Hier’s nou ‘n vars briesie wat deur die Afrikaanse musiekwêreld gaan waai. Haar naam is Leah en as haar naam ‘n klokkie wil lui, dan is dit omdat sy in die rolprent “As Jy Sing” verskyn het en mense laat regop sit het met haar vertolking en haar sang. Nou is haar debuut CD vrygestel, getiteld “’Wonderwerk.”

Leah se klank het nie ‘n spesifieke teikenmark nie, maar spreek eerder tot oud en jonk. Die jonger geslag sal aanklank vind by die nuutheid in haar musiekstyl en ouer mense weer by die nostalgie wat haar lirieke sal optower. Haar klank word as ‘n mengsel van pop en organies beskryf en die melodieë is gewis aansteeklik. Tog sorg die lirieke dat dit wêrelde weg van borrelgom popmusiek geposisioneer is. Met regte soul-musikante as agtergrondsangers, gaan Leah haarself bewys as een van die land se talentvolste sangeresse. Die eenvoudige rede hiervoor is die feit dat die klank wat bewonderaars gaan hoor op die CD, presies is wat mens ook kan verwag wanneer jy een van haar lewendige optredes bywoon. “’Wonderwerk” is nou op die rakke wees en sluit in “Ek vergewe jou,” die duet met Dewald Wasserfall. Die liedjie het ‘n tong-in-die-kies benadering tot hoe verliefdes oor enige struikelblokke in hul verhoudings moet kom en beloof om ‘n groot treffer te wees.

Die eerste enkelsnit is “Met jou klere aan” wat beslis ’n treffer sal wees. Dit speel alreeds op die land se grootste radiostasies. Onthou maar die naam Leah. Jy gaan nog baie van haar hoor.

Hier is n uittreksel waar Leah te sien is saam met Bobby van Jaarsveld in As jy Sing

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button