EntertainmentLifestyle

Hengelkompetisie sorg vir vakansiepret vir jonges

Jong hengelaars moet solank hul visstokke gereedkry en begin besluit oor aas, want die Junior Barber Hengelkompetisie vind oor net meer as twee weke plaas.

Op 5 Desember gaan hengelaars tussen die ouderdom van vyf en 16 die kans kry om ‘n lekker groot barber by die NST Boerdery te vang. Die plaas is langs die R40, 10km voor Hazyview vanaf Witrivier, langs Nabana Lodge.

Die kompetisie word deur NST Boerdery, @VENTURE en Steel Wings aangebied ten bate van Rustig Senior-oord in Witrivier.

Alle opbrengste word aan die oord geskenk en the totale opbrengs van die dag sal deur Steel Wings geëwenaar word.

Die organiseerders hoop om met die fondsinsameling die Kersseisoen ekstra spesiaal vir inwoners te maak.

Hengelaars kan op die dag tussen 05:00 en 07:00 vir registrasie aanmeld en sal ‘n nommer vir ‘n staanplek kan trek.

Die sirene sal om 06:00 loei om die die kompetisie af te skop, en lyne moet om 17:00 uit die water wees.

Barbers moet teen 17:30 reeds by die weegpunt wees. Die prysuitdeling sal om 18:00 by NST Boerdery se pakhuis plaasvind. Daar is reeds rondom R50 000 se pryse op die spel vir die verskillende kategorieë.

Mikela Kirsten is 'n plaaslike meisiekind wat reeds 'n kranige hengelaar is.
Mikela Kirsten is ‘n plaaslike meisiekind wat reeds ‘n kranige hengelaar is.

Alle minderjariges moet deur ‘n volwassene vergesel word. Die hele familie kan dus hul sambrele, gazebo’s en kampstoele saambring en die dag saam met die gemeenskap kom geniet.

Verskeie besighede en verskaffers gaan stalletjies en uitstallings hê, so daar sal hope interessanthede vir die toeskouers wees. Daar sal ook koeldrank en eetgoed te koop wees en ‘n spesiale braaiarea vir mense wat ‘n vleisie op die kole wil gooi.

Skakel Bernie Kirsten by 078-865-3973 of bernie@ventsure.co.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button