Nuwe rolprent oor die lewe se kruispaaie bied Eintlik Nogal Baie stof tot nadenke
Hierdie Afrikaanse fliek is propvol sjarme was beloof om kykers te insipreer.
Uit die pen van Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen, bring M4gic-J Entertainment eersdaags ‘n nuwe, opwindende Afrikaanse rolprent, Eintlik Nogal Baie, na die silwerdoek.
Dit is vervaardig deur Jarrod de Jong en die regie is behartig deur Jacques Brand van The Blanket en Die Laaste Ure.
“Met ‘n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ‘n storie wat gelaai is met ‘n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring Eintlik Nogal Baie ‘n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer,” sê HY.
Dit handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het.
Hy kom egter voor ‘n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet.
Haar oorbeskermde pa en haar eks- kêrel verander sy lewe vir altyd op die mees dramatiese wyse.
Kykers word gemaan om genoeg sneusdoekkies byderhand te hou wanneer, het die skrywer bygevoeg.

Die rolverdeling sluit ander bekende en gewilde name soos Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein die Vries in.
Lötter is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Villa Rosa en 7de Laan.
“Dit is definitief ‘n rolprent wat die hartsnare prikkel en jou weer laat glo in die lewe. Om die rol van Jay te kon vertolk, was baie bevredigend en het my as mens en akteur verdiep”, het hy gesê.
Drummond is ‘n toegewyde ma en kunstenaar. Haar entoesiasme vir die vermaaklikheidsbedryf is aansteeklik.
Sy bekend vir haar rolle in gewilde sepies Isidingo, Villa Rosa, en Binneland. Sy het onlangs ook uitstekende spel gelewer in die spioenasie reeks, Fluiters, op kykNET.
Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met The National Film and Video Foundation en The DTI en word deur Times Media Films versprei.
Dit word landswyd uitgereik in teaters op 4 November.
- Lees meer oor Afrikaans op die silwerdoek: Nuwe Afrikaanse rolprent, Twee grade van moord, bring weer twee geliefde akteurs bymekaar
