cheap cheap ontbyt
BURGERSFORT – Cheap Cheap Slaghuis het Saterdagoggend gastehuiseienaars en kokke se smaakkliere laat bokspring met die ontbyt-idees wat hulle voorgesit het. Verteenwoordigers van Freddy Hirsch en Crown National het ‘n verskeidenheid van ontbytgeregte met ‘n nuwe baadjie voorberei en gaste kon daaraan weglê. Sjampanje van verskeie kleure en geure en lemoensap is saam met die …
BURGERSFORT – Cheap Cheap Slaghuis het Saterdagoggend gastehuiseienaars en kokke se smaakkliere laat bokspring met die ontbyt-idees wat hulle voorgesit het.
Verteenwoordigers van Freddy Hirsch en Crown National het ‘n verskeidenheid van ontbytgeregte met ‘n nuwe baadjie voorberei en gaste kon daaraan weglê.
Sjampanje van verskeie kleure en geure en lemoensap is saam met die kos bedien.
Op die spyskaart was hamburger-vleiskoekies, hoenderlewertjies, verskillende ontbytworsies, gekrummelde sampioene en vele meer. Die gunstelinge onder al die lekkernye was ‘n biltonggevulde ontbytrol en die feta-hoenderworsies.
Die aanbieding was daarop gerig om nuwe ontbyt-idees vir gastehuise se spyskaarte voor te stel.







