EntertainmentLifestyle

Waterfal CVO skuurdans

Die jaarlikse skuurdans was weer 'n reuse sukses met Pieter Smit as gaskunstenaar. Almal het gesellig saam gekuier en lekker gedans.

BURGERSFORT – Die dansvloer is met die skoollied geopen, en toe is die meel gestrooi.

‘n Regte boereskoffel is onlangs deur die Waterval CVO-skool in die Joubert’s se skuur aangebied. Dit is ‘n jaarlikse tradisie, en dié jaar was Pieter Smit die gaskunstenaar. Hy het die gehoor aan sy voete gehad. Kinders het saamgedrom vir sy handtekening en die ma’s en pa’s moes net foto’s neem. Dit was ‘n jolige affêre. Heerlike vleispakkies was te koop en almal het gesellig buite gestaan en braai terwyl die lekkerste pap in groot swart potte voorberei is. Die kinders het tot na donker op die springkastele gespring, en jy moes versigtig wees om nie voor ‘n voortsnellende skopfiets in te loop nie. Daar is tot laatnag gedans en die heupe gedraai en geswaai. Oud en jonk is dit eens dat hulle nie kan wag vir volgende jaar se skuurdans nie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button