EntertainmentLifestyle

Boogskiet

Saterdag was ‘n dag van pret en plesier vir die gesin en spesifiek vir jagters wat hul boë weer uit die kas kon haal, en teen ander skuts kon meeding. Die verrigtinge het by Spekboom-gholfdryfbaan plaasgevind en is deur die Bosbok Jagtersvereniging in Burgersfort gereël. Springkastele is vir die kleingoed opgeslaan en braaivure het hoog …

Saterdag was ‘n dag van pret en plesier vir die gesin en spesifiek vir jagters wat hul boë weer uit die kas kon haal, en teen ander skuts kon meeding.

Die verrigtinge het by Spekboom-gholfdryfbaan plaasgevind en is deur die Bosbok Jagtersvereniging in Burgersfort gereël. Springkastele is vir die kleingoed opgeslaan en braaivure het hoog gebrand terwyl die boogskuts die pyle laat tref het.

Die kompetisie was straf. Deelnemers moes na onder andere teikenborde skiet en na sponsdiere soos bokke en vlakvarke wat op verskillende plekke op hul lywe raakgeskiet moes word.

Die drie toppresteerders vir die dag was Johan Grimbeek (eerste), JB Willers (tweede) en Neil Calitz (derde).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button