Bateleur hou hul jaarlikse markdag
Die aftree-oord se markdag was 'n groot sukses met talle stalletjies en ondersteuners.

Inwoners van Bateleur Landgoed het die naweek gaste vermaak by hul jaarlikse mark.
Die aftree-oord se markdag op Vrydag en Saterdag het ‘n wye verskeidenheid stalletjies, deur die inwoners self behartig, aangebied.

LEES OOK: Wenslys vir Bejaardes pleit vir hulp van gemeenskap
Besoekers aan die mark kon tussen die produkte, wat gewissel het van tuisgemaakte gebak, rissiesous en blatjang, ander ingelegde produkte, juweliersware, speelgoed, komberse en selfs verf, kies en keur.

Vir baie was dit vir ‘n goeie doel. Jean Hallatt het onder meer kussings verkoop om fondse in te samel vir Dasha Leersentrum.
LEES OOK: Robbies breëbors na oorwinnings
Die inwoners het ook hul talente ten toon gestel; Maureen Lewis het besoekers op die trekklavier vermaak.
Organiseerder Trixie Nagel het gesê dit was ‘n groot sukses.

“Almal het die dag geniet en kon alle fondse wat hulle ingesamel het hou. Die atmosfeer was wonderlik en ek is trots op die inwoners wat saam hierdie ‘n sukses gemaak het.”
